Monday, 9 July 2012

Twee dood toe hutte afbrand

Johannesburg – Twee mense is Sondag in twee afsonderlike brande in plakkershutte in Rustenburg dood, het die polisie in die Noordwes gesê.

'n 30-jarige man van die Boitekong- informele nedersetting het aan die slaap geraak terwyl sy paraffienstoof nog aan was, het brig. Thulane Ngubane gesê.

Die stoof het glo omgeval en die man is in die brand dood.

Sy 23-jarige meisie is met ernstige brandwonde in 'n hospitaal opgeneem.

Ngubane het gesê meer as 50 hutte is in dié brand in puin gelê.

'n Man in sy twintigs is dood toe sy hut in die Nkaneng- informele nedersetting aan die brand geraak het.

Dis nie duidelik wat die brand veroorsaak het nie, maar ses ander hutte het ook afgebrand.


- SAPA/Nuus24

No comments:

Post a Comment