Sunday, 12 August 2012

Man beseer in Potch-brand

Johannesburg – 'n Man het veelvuldige brandwonde aan sy hande en gesig opgedoen toe hy Saterdag sy plaas by Wilgeboom in Potchefstroom teen 'n veldbrand probeer beskerm het, het paramedici gesê.

"Die 67-jarige man het die brand op 'n veld naby sy eiendom onder beheer probeer bring toe die wind gedraai het," het Werner Vermaak, woordvoerder vir ER24, gesê.

Omstanders het paramedici gebel en die man is op die toneel behandel voor hy na 'n nabygeleë hospitaal geneem is.

Verskeie eiendomme is deur die brand vernietig en vee is ook dood.


- SAPA/NUUS24

No comments:

Post a Comment