Wednesday 8 August 2012

Sneeu laat dele van Vrystaat sonder krag

Bloemfontein – Gure weer het twee plattelandse gemeenskappe in die Vrystaat Woensdag sonder krag gelaat, het Eskom gesê.

Sterkfontein en Swinburn, naby Harrismith, het kragonderbrekings gehad, het die provinsiale woordvoerder, Stefanie Jansen van Rensburg, gesê.

Ses-en-veertig Eskom-kliënte in Sterkfontein en 183 in die Swinburn-omgewing is daardeur geraak.

"Ons sal verseker dat die situasie so gou moontlik aandag geniet."

Sneeu in die gebied maak dit moeilik vir Eskom se spanne om vir foute in die stelsel te soek.



- SAPA/NUUS24

No comments:

Post a Comment