Tuesday, 14 August 2012

Uniondale: Kommunikasiemas vervang met kleiner een


Die 30m-hoë kommunikasiemas op Mannetjiesberg naby Uniondale wat middel-Julie tydens swaar sneeuneerslae omgeval het, gaan waarskynlik met ‘n kleiner mas vervang word.

UNIONDALE NUUS - Die 30m-hoë kommunikasiemas op Mannetjiesberg naby Uniondale wat middel-Julie tydens swaar sneeuneerslae omgeval het, gaan waarskynlik met ‘n kleiner mas vervang word.

Gerhard Otto, hoof van Eden Rampbestuur, het vroeër vandag gesê ‘n mas van sowat 12 tot 15m behoort voldoende te wees.

Die mas, wat radiosein en Telkom-telefoon-verbinding aan ‘n groot deel van die Klein-Karoo en nooddienste verskaf, is sedertdien tydelik herstel deur J&E Communications, ‘n private instansie, in samewerking met ‘n paar boere van die omgewing.

- Oudtshoorn Courant

No comments:

Post a Comment