Friday 10 August 2012

Wolwedansdam loop oor


Foto: Nickey le Roux

MOSSELBAAI NUUS - Terwyl die weerkantoor nog reën vir hierdie naweek voorspel, loop die Wolwedansdam reeds oor.

Milde reën het oor die Suid-Kaap uitgesak en 'n mens kan skaars die droogte van net 'n paar jaar gelede in herinnering roep.

Volgens Munisipale woordvoerder, mnr Harry Hill was al die damme waaruit die dorp water kry (Wolwedans, Klipheuwel, Hartebeeskuil en die Ernst Robertson) reeds voor vandeesweek meer as 100% vol na die goeie reën in middel-Julie.

- Mossel Bay Advertiser

No comments:

Post a Comment