Thursday 13 September 2012

Opvolg: Vermiste visserman steeds soek

KNYSNA NUUS - Die vrou en familielede van die vermiste visserman, 'Oom' Hannes Jacobs (50) wat wat vermis geraak het op die Knysna Lagune tydens 'n storm op Vrydag, 31 Augustus, het Saterdag, 8 September langs die water gaan loop om te sien of daar nie enige teken van hul geliefde gewaar kan word nie.

Van die vissermanne wat langs die water woon, het die groep voorgekeer en beduie dat daar 'n swart sak uitgespoel het waarin hulle sopnat komberse gevind het.

"Toe ek nader kom, het ek dadelik al hom se komberse herken," vertel Lydia Jacobs van haar man se besittings. "Dit het my vreeslik hartseer gemaak.

"Een van die manne het ook begin huil en gesê dat hy altyd vir 'Oom' Hannes gehelp het om sy goed in die sy skuitjie te laai en dat hy baie hartseer was om te hoor dat die oom vermis is en dat hulle hom steeds nie gevind het nie.

"Ek het toe maar die komberse vir hulle gegee en gesê hulle moet dit onder mekaar deel. Dan bly dit by die see waar my man dit wou gehad het," sê Lydia.

Die polisieduikers het gister, Woensdag, 12 September weereens na sy liggaam gesoek, maar teen druktyd kon hulle steeds nie die oorskot opspoor nie.

ARTIKEL: ANOESCHKA VON MECK, KNYSNA-PLETT HERALD-JOERNALIS

No comments:

Post a Comment