Saturday 8 September 2012

Weerwaarneming: Polokwane ( 7 September 2012 )


Dis lekker om na die droë en stil winter weer iets het om oor te rapporteer. Polokwane het darem so 'n skeppie van die swaar weer gekry, en my meter sê tans dat sowat 9.5mm reën sedert laasnag oor die stad geval het. Loodgrys wolke is tans besig om vanuit die noordweste oor die stad te spoel, en daar val so elke dan-en-wan 'n paar los druppels - maar as ek so na my huis se sinkdak luister, is daar definitief fyn ys in daardie druppels! Ja, die jongste bui het nou net 'n klompie fyn haelkorrels afgegooi. Dis tans bitter koud met die kwik wat net so om 11°C draai. - WN Fred Calitz



No comments:

Post a Comment