The effects of severe weather are felt every year by many South Africans. To obtain critical weather information, the SAWDOS use voluntary weather observers. These volunteers help keep their local communities safe and informed by providing timely and accurate reports of severe weather to the SAWDOS for publication on the Blog. The SAWDOS is a non-profit organization that renders a FREE COMMUNITY-BASED SERVICE.
Pages
- Home
- SAWDOS1 Twitter South Africa Tweets
- SAWDOS2 Twitter World Wide Tweets
- TrafficSA Twitter Updates
- RSOE Emergency and Disaster Information Service
- USGS Earthquake Monitor
- SA Private WX Stations
- Real-Time APRS WX Station Data
- Disclaimer/Indemnity: SAWDOS
- Articles and Photos: SAWDOS
- About: SAWDOS
- South African Disasters
- Mossel Bay WX Stations
- SA Sea Level Synoptic Chart
- SA Weather Webcams
- YO Weather Prediction
- Mossel Bay Mad Scientist Projects
- Weather Forecast for South Africa
Tuesday, 16 October 2012
Bye sit ekstra angel in fietsren
CALITZDORP. – Dertien bergfietsryers moes gister hospitaal toe gehaas word nadat ’n swerm bye op deelnemers toegeslaan het tydens die eerste skof van die Cape Pioneer Trek tussen Oudtshoorn en hier.
Sowat 30 ryers is aangeval, met vier van hulle wat allergies vir bysteke is.
Tien ryers is met die AMS Rooi Kruis-helikopter na die Klein-KarooMediclinic geneem, waar hul toestand teen laatmiddag bestendig was, het Carel Herholdt, organiseerder van die toer, gesê.
“Ek het die byekorwe langs die paadjie gesien lê, maar nie veel daarvan gedink het,” het Henk Meyer, een van die ryers wat bygekom is, gister gesê.
“Ek het kort daarna ’n steek op my boud gevoel, maar eers gedink dis ’n steekvlieg. Ek het verder gery en ’n meisie gesien wat van haar fiets afgeklim en begin klap het.
“Dit het letterlik gevoel of ’n oorlog om ons woed. Die bye het van alle kante af gekom. Dit het soos ’n swart muur gelyk. Ek het verby ’n ou gery wat in ’n bos geval het en ook net begin klap het,” het Meyer gesê.
“Ek het aanhou trap met die hoop dat ek onder die bye kan uitry. Hulle het my aanhou steek. Ek het veral deurgeloop op my kop, waar hulle my deur my valhelm gesteek het, asook my nek en my boude.
“Soos ek agter my gekyk het, het dit net donkerder en donkerder geword met meer en meer bye en ek het toe besef ek gaan nie wegkom nie.
“Ek het begin duiselig voel en besef ek moet iets anders doen. Ek het toe in ’n bos in gery, my waterbottels uitgehaal en myself natgegooi terwyl ek in die bos rondrol.
“Ek het toe verder gery en op ’n oorsese meisie afgekom wat gelyk het asof sy besig was om haar bewussyn te verloor,” het Meyer gesê.
“Daar het toe reeds ’n man by haar gestop en haar gehelp. Haar hele lyf was vol bysteke. Hy het haar laat lê en angels begin uittrek.
“Ek het bye begin wegklap, maar toe sê hy ek moet ry omdat sy spanmaat reeds ’n ambulans ontbied het.
“Die adrenalien het my tot by die volgende waterpunt gekry, waar mense my gehelp het om angels uit my kop te trek.
“Dis erg, want van daai mense is honderde kere gesteek en ’n mens weet nie hoeveel bysteke jou liggaam kan hanteer nie,” het Meyer gesê.
Al die slagoffers was teen gistermiddag stabiel en sal toegelaat word om vandag die toer te hervat.
)Nog ’n deelnemer, Louis Knipe, het in die hospitaal beland nadat hy teen ’n hoë spoed geval het. Hy het na verneem word naby die eindpunt teen 60 km/h van sy fiets af geval, wat sy valhelm aan skerwe laat spat het.
VNog ’n berig en foto op bl.18.
- Die Burger
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment