The effects of severe weather are felt every year by many South Africans. To obtain critical weather information, the SAWDOS use voluntary weather observers. These volunteers help keep their local communities safe and informed by providing timely and accurate reports of severe weather to the SAWDOS for publication on the Blog. The SAWDOS is a non-profit organization that renders a FREE COMMUNITY-BASED SERVICE.
Pages
- Home
- SAWDOS1 Twitter South Africa Tweets
- SAWDOS2 Twitter World Wide Tweets
- TrafficSA Twitter Updates
- RSOE Emergency and Disaster Information Service
- USGS Earthquake Monitor
- SA Private WX Stations
- Real-Time APRS WX Station Data
- Disclaimer/Indemnity: SAWDOS
- Articles and Photos: SAWDOS
- About: SAWDOS
- South African Disasters
- Mossel Bay WX Stations
- SA Sea Level Synoptic Chart
- SA Weather Webcams
- YO Weather Prediction
- Mossel Bay Mad Scientist Projects
- Weather Forecast for South Africa
Tuesday, 9 October 2012
Vliegtuig beland in straat
Die tweemotorige Piper Seneca waar dit ná ’n noodlanding in die straat digby huise in die woonbuurt Jordania tot stilstand gekom het. Foto: Lynda Greyling
BETHLEHEM. – ’n Jong vlieënier het ternouernood aan die dood ontkom toe hy kort nadat hy van die Bethlehem-vliegveld opgestyg het, ’n noodlanding moes doen en in een van die dorp se strate beland het.
Werner Schulz, ’n werknemer van Farmsecure, was op pad om met dié onderneming se tweemotorige Piper Seneca passasiers op die Lanseria-lughawe in Gauteng te gaan haal.
Net nadat hy opgestyg het, het die linkerkantste motor gefaal en moes hy ’n noodlanding uitvoer.
Hy het in Gobles Folley, digby die vliegveld, geland. Die vliegtuig het egter met so ’n spoed beweeg dat dit deur die doringheining, oor die sypaadjie en in Baartmanstraat te lande gekom het – enkele meters van die naaste woonhuise in Jordania.
Schulz het sonder ’n skraap uit die vliegtuig geklim, maar het erg aan skok gely. Dries en Lurica Janse van Rensburg, wat digby die ongelukstoneel woon, was gou by met vrugtesap vir hom.
Pieter Visagie van die provinsiale ambulansdiens (EMS), asook Neels Möller van ER24, was die eerste reddingswerkers op die toneel. Hulle het die gebied afgesper.
Die polisie en brandweer was kort daarna op die toneel.
Die krag van ’n elektriese lamppaal wat in die slag gebly het, moes ontkoppel word en daar moes toegesien word dat die vliegtuig se brandstoftenk nie ontplof nie.
Chantal Yazbek, woordvoerder van Farmsecure, sê Schulz is ’n gekwalifiseerde handelsvlieënier. Die vliegtuig het kort nadat hy opgestyg het hoogte verloor en langs die aanloopbaan geland. Die skade aan die vliegtuig is veroorsaak toe ’n sloot langs die aanloopbaan getref is.
Die polisie het toeskouers verbied om enigsins foto’s te neem weens die gevaar van ’n ontploffing. Hulle het die gebied verder afgesper en met opmetings begin.
Kapt. Hennie Labuschagne sê Burgerlugvaart is in kennis gestel. Die vliegtuig sal eers verwyder word nadat Burgerlugvaart sy ondersoek voltooi het.
- Volksblad
Subscribe to:
Post Comments (Atom)

No comments:
Post a Comment