Monday, 19 November 2012

Noodnommer: Rapporteer onrus

WES-KAAP NUUS – Die Wes-Kaapse regering het ‘n noodnommer geloods vir persone om onrus in die provinsie te rapporteer.

Die inisiatief kom van die Premier van die Wes-Kaap, me. Helen Zille se kantoor.

Die doel is om insidente en planne van onrus, asook geweld in die provinsie aan te meld om sodoende die veiligheid van alle inwoners van die provinsie te verseker - dis veral gemik op motoriste wat van die hoofroetes in die provinsie gebruik maak.

Motoriste word aangemoedig om die nommer te skakel om vas te stel watter roetes veilig is om te gebruik.

Die nommer is: 0860 142 142.

- George Herald

No comments:

Post a Comment