Friday, 18 January 2013

Storm in Ladismith (WK) laat 100 mense dakloos. (17 Januarie 2013)


- : SAWS ( Klik op foto om te vergroot.)

Meer as 'n 100 mense op Ladismith in die Klein-Karoo is haweloos nadat sterk wind hulle plakkershutte vernietig het. 'n Woordvoerder van die Kannaland Munisipaliteit, Hendrik Barnard, sê die storm het ook kragpale en bome omgewaai. Hy sê die slagoffers bly op die oomblik by familie en vriende.

Twee families in die Calitzdorp area is ook dakloos gelaat as gevolg van gister se stormweer. Kospakkies sal vandag aan die haweloses uitgedeel word.

 - RSG Nuus

No comments:

Post a Comment