Foto: Die brug na die Hoedspruit-lugmagbasis is erg beskadig. Andre Cornelius het die foto geneem en na Beeld gestuur.
Die lugmag, polisie, nooddienste en private helikopters het teen gisteraand reeds sowat 150 mense van dakke en uit bome in die vloedgeteisterde Hoedspruit-omgewing gered.
Twee Oryx-helikopters het ook sowat 60 kinders van twee skole in die Bosbokrand-omgewing wat by die skole vasgekeer was, na veiligheid gebring sodat hulle kan huis toe gaan, het lt.kol. Piet Paxton, weermagwoordvoerder, gisteraand gesê.
Die helikopters het teen donker weens die swak weer ophou vlieg, maar is op gereedheidsgrondslag om teen eerste lig weer te begin vlieg.
Een van die mense wat met ’n lugmaghelikopter opgepik is, was ’n man wat deur ’n skerpioen gesteek is en op pad hospitaal toe met sy bakkie vasgeval het.
Teen gisteraand laat was daar ook berigte dat ’n modderhut in die landelike gebiede van Limpopo op ’n vrou ingesak het en dat sy dood is.
Dit kon teen druktyd nog nie bevestig word nie.
Feitlik die hele suidelike deel van die Krugerwildtuin was ook gister weens die swaar reën van die buitewêreld afgesny en kon net per helikopter bereik word.
Meer as 100 mense, waaronder besoekers en werkers, is uit verskeie kampe per helikopter na hoërliggende gebiede of na dorpe buite die wildtuin gebring.
Ses buitelandse besoekers op ’n wildkyk-uitstappie moes per helikopter na Skukuza gebring en behandel word.
’n Gerug dat die Blyderivierdam se wal gekraak en dat mense in wildtuin in gevaar is, is gisteraand deur mnr. Hannes Steyn, hoof van rampbestuur in die Mopanistreek, ontken.
Die Blyderivier loop in die Olifantsrivier in wat deur die suide van die wildtuin loop.
Die Blyderivierdan was gister laat sowat 118% vol.
’n Ouma van 81 is met haar stortkappie op haar kop met ’n bootjie op die Blyderivier na veiligheid geroei.
By die Blyderivier-avontuurkamp op die walle van die Blyderivier het mev. Dina Katzke (81) se dogter en eienaar van die kamp, mev. Barbara Huddel, haar bedryfsbestuurder, mnr. Deon Breytenbach, kort ná 06:00 met ’n noodoproep ontbied.
Breytenbach sê dit het die hele nag swaar gereën en teen gisteroggend is reeds meer as 750 mm reën in 24 uur gemeet.
“Een van die gidse se Bantambakkie was reeds dakhoogte onder water en so ook die ander voertuie by die kamp. Die water het vensterhoogte deur van die geboue geloop,” het Breytenbach gesê.
Hy het vir Katzke, wat eers haar stortkappie op haar kop gesit het, na veiligheid geroei en toe een-een vir Huddel, haar man, twee kinders en vyf gidse.
In Mosambiek is byna 500 mense dakloos gelaat weens die vloede nadat hul huise oorstroom is, het stadsamptenare in Maputo, die hoofstad, gister volgens Sapa gesê.
Mense wat dakloos gelaat is, word in skole, kerke en selfs op sportvelde gehuisves.
In die suidelike provinsie van Inhambane het amptenare gesê dat die dakke van 71 klaskamers, twee onderwysers se huise en twee kantore by ’n skool afgewaai het.
In die naburige Gaza-provinsie is 40 klein huise weggespoel en is sowat ’n 1 000 boerbokke dood.
Mosambiek se rampbestuursentrum het egter gesê dat die tropiese drukstelsel Dando gister aan die kwyn was ná twee dae waarin huise vernietig, kragdrade platgevee en skade in Maputo en die suidelike gebiede aangerig is.
- Die Beeld
The effects of severe weather are felt every year by many South Africans. To obtain critical weather information, the SAWDOS use voluntary weather observers. These volunteers help keep their local communities safe and informed by providing timely and accurate reports of severe weather to the SAWDOS for publication on the Blog. The SAWDOS is a non-profit organization that renders a FREE COMMUNITY-BASED SERVICE.
Pages
- Home
- SAWDOS1 Twitter South Africa Tweets
- SAWDOS2 Twitter World Wide Tweets
- TrafficSA Twitter Updates
- RSOE Emergency and Disaster Information Service
- USGS Earthquake Monitor
- SA Private WX Stations
- Real-Time APRS WX Station Data
- Disclaimer/Indemnity: SAWDOS
- Articles and Photos: SAWDOS
- About: SAWDOS
- South African Disasters
- Mossel Bay WX Stations
- SA Sea Level Synoptic Chart
- SA Weather Webcams
- YO Weather Prediction
- Mossel Bay Mad Scientist Projects
- Weather Forecast for South Africa
Thursday, 19 January 2012
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment