Johannesburg – Die swaar reën wat die afgelope 48 uur in die Laeveld uitgesak het, het erge skade aan die teeroppervlak van N4-tolpad in die Laeveld veroorsaak.
Skade kom van Nelspruit af tot by Komatipoort voor.
Op verskeie plekke het die boonste 20 mm van die teerlaag as gevolg van die reën begin opskilfer.
Die ergste skade kom tans voor in veral Krokodilpoort net voor Kaapmuiden asook by die omgewing van die Total-vulstasie tussen die Nkomazi-tolhek en Malalane.
Volgens Anita Heyl, woordvoerder van Trac (Trans African Concessions) sukkel hul werkers om die teer wat los kom, van die pad te verwyder.
“Bo en behalwe dat dit hard reën, spoel nuwe stukke teer los sodra die ander rommel verwyder is.”
Naby Komatipoort is ’n nuwe pad wat van die N4 na Tenbosch gebou word, ook besig om probleme te veroorsaak.
“Die grond van die padwerk spoel in hierdie stadium oor die N4,” sê Heyl.
Sy sê die reën en mis veroorsaak dat sig in die Laeveld baie swak is.
Sy waarsku motoriste ook om versigtig te bestuur omdat water op verskeie plekke oor die pad stroom.
Herstelwerk aan die N4 kan eers begin wanneer die reën opgeklaar en die teerpad droog is.
- Beeld
The effects of severe weather are felt every year by many South Africans. To obtain critical weather information, the SAWDOS use voluntary weather observers. These volunteers help keep their local communities safe and informed by providing timely and accurate reports of severe weather to the SAWDOS for publication on the Blog. The SAWDOS is a non-profit organization that renders a FREE COMMUNITY-BASED SERVICE.
Pages
- Home
- SAWDOS1 Twitter South Africa Tweets
- SAWDOS2 Twitter World Wide Tweets
- TrafficSA Twitter Updates
- RSOE Emergency and Disaster Information Service
- USGS Earthquake Monitor
- SA Private WX Stations
- Real-Time APRS WX Station Data
- Disclaimer/Indemnity: SAWDOS
- Articles and Photos: SAWDOS
- About: SAWDOS
- South African Disasters
- Mossel Bay WX Stations
- SA Sea Level Synoptic Chart
- SA Weather Webcams
- YO Weather Prediction
- Mossel Bay Mad Scientist Projects
- Weather Forecast for South Africa
Thursday, 19 January 2012
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment