Tuesday 3 January 2012

Haelstorm lei tot skade in Limpopo (2 Januarie 2012 17h35 SAST)

Boere in Limpopo het miljoene rand se skade gely weens 'n haelstorm in dele van die provinsie. Die president van Agri-SA, Theo de Jager sê honderde tonne veselperskes, lietsjies en papajas is onder die gewasse wat beskadig is. Boere in die omgewings van Tzaneen, Levubu en Louis Trichardt word geraak. De Jager sê in sommige dele het meer as 'n honderd millimeter reen in minder as 'n uur geval. Boere is nog besig om die omvang van die skade te bepaal.

- RSG Nuus

No comments:

Post a Comment