Foto: Nuwe vriende. Mnr. Rikus von Benecke en Mê die hanslam. Foto: Charl Devenish
AS paramedikus red en help hy daagliks mense, maar hierdie keer het hy hom op ’n ongelukstoneel oor ’n spierwit hanslam ontferm.
Toe mev. Daniel Breedt van Delmas vandeesweek vroegoggend op die N8 buite Bloemfontein in ’n ongeluk beseer is en moes hospitaal toe, was sy baie bekommerd oor wat van haar hanslam, Mê, gaan word.
Mnr. Rikus von Benecke, paramedikus van ER24, het nie op hom laat wag om te help nie. Hy sal na Mê omsien, het hy belowe.
“Toe ek die lammetjie by die ongelukstoneel vat, was sy baie dankbaar en het sy gesê ons moet mooi na haar kind kyk” sê Von Benecke, wat al 11 jaar ’n paramedikus is.
Hy het Mê na die veiligheid van sy huis gebring, tot groot opgewondenheid van sy kroos, Heinrich (5) en Danel (2).
“Ons het gesukkel om Heinrich vanoggend (eergisteroggend) uit die huis te kry. Hy wou nie kleuterskool toe gaan nie. Danel was in ekstase oor die skaap.”
Ook Gigi, die Von Beneckes se Boston-terriër, was opgewonde oor die speelmaat in die huis.
Met Von Benecke se aankoms was vroulief Maritza wel ’n bietjie kwaai. Sy het gedink hy bring die skaap aan om vir altyd te bly. Dit is die soort ding wat hy sal doen. In die kompleks waarin hulle woon, word g’n hond bo 70kg egter geduld nie, wat nog te sê van ’n skaap.
Toe sy hoor van Mê se omstandighede, het sy ook die hanslam se kuiertjie geniet.
’n Dankbare Breedt het haar hanslam ’n paar uur later kom haal, nadat sy vir ligte beserings in die hospitaal behandel is. ’n Motor het van agter teen haar sleepwa vasgery. Die bestuurder van die motor, mnr. Rikus Maritz (22) van Kroonstad, en drie passasiers is ook lig beseer.
Mê was gelukkig om nie seer te kry nie. ’n Springbokkie wat saam met haar op die sleepwa was, is dood in die botsing.
- Volksblad
The effects of severe weather are felt every year by many South Africans. To obtain critical weather information, the SAWDOS use voluntary weather observers. These volunteers help keep their local communities safe and informed by providing timely and accurate reports of severe weather to the SAWDOS for publication on the Blog. The SAWDOS is a non-profit organization that renders a FREE COMMUNITY-BASED SERVICE.
Pages
- Home
- SAWDOS1 Twitter South Africa Tweets
- SAWDOS2 Twitter World Wide Tweets
- TrafficSA Twitter Updates
- RSOE Emergency and Disaster Information Service
- USGS Earthquake Monitor
- SA Private WX Stations
- Real-Time APRS WX Station Data
- Disclaimer/Indemnity: SAWDOS
- Articles and Photos: SAWDOS
- About: SAWDOS
- South African Disasters
- Mossel Bay WX Stations
- SA Sea Level Synoptic Chart
- SA Weather Webcams
- YO Weather Prediction
- Mossel Bay Mad Scientist Projects
- Weather Forecast for South Africa
Saturday, 21 January 2012
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment