Werkers van die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) is aan die werk om ’n deel van die N1 te herstel wat by De Doorns deur vloedwater meegesleur is. Foto: LEANNE STANDER
KAAPSTAD. – Die N1 is in die Boland gesluit weens vloedskade en duisende hektaar weiding, plantasies en natuurgebiede is besig om in die Karoo en Langkloof af te brand in die nadraai van vandeesweek se hittegolf.
Hael, donderstorms en ’n wolkbreuk wat Woensdag oor die Quadu-berge by De Doorns uitgesak het, het ’n deel van die N1 só verspoel dat dit gister nog vir verkeer gesluit was. Motoriste moes gister die Hexrivierpad gebruik. Herstelwerk gaan voort en die pad bly gesluit.
Wingerde in die Hexriviervallei het ook erg deurgeloop en ’n plaasbestuurder het gesê die skade is erger as dié van 2008 se vloed.
Padskrapers van die Suid-Afrikaanse Nasionale Padagentskap (Sanral) was gister besig om klippe en stukke teer weg te skraap.
Intussen was die verwoestende brande by Tulbagh, Wolseley en Swellendam nog skaars in bedwang toe weerlig Dinsdag ’n brand in die Kougaberg by Uniondale begin het.
Volgens mnr. Dave Hodgson, ’n boer en gemeenskapsleier van De Hoop in die Langkloof, het altesame 24000ha teen gister reeds afgebrand en die brand woed voort oor ’n afstand van sowat 100km.
“Daar was nog geen verlies aan lewe of strukture nie.”
- Volksblad
The effects of severe weather are felt every year by many South Africans. To obtain critical weather information, the SAWDOS use voluntary weather observers. These volunteers help keep their local communities safe and informed by providing timely and accurate reports of severe weather to the SAWDOS for publication on the Blog. The SAWDOS is a non-profit organization that renders a FREE COMMUNITY-BASED SERVICE.
Pages
- Home
- SAWDOS1 Twitter South Africa Tweets
- SAWDOS2 Twitter World Wide Tweets
- TrafficSA Twitter Updates
- RSOE Emergency and Disaster Information Service
- USGS Earthquake Monitor
- SA Private WX Stations
- Real-Time APRS WX Station Data
- Disclaimer/Indemnity: SAWDOS
- Articles and Photos: SAWDOS
- About: SAWDOS
- South African Disasters
- Mossel Bay WX Stations
- SA Sea Level Synoptic Chart
- SA Weather Webcams
- YO Weather Prediction
- Mossel Bay Mad Scientist Projects
- Weather Forecast for South Africa
No comments:
Post a Comment