Friday 27 January 2012

Versekering dat wysigingswetsontwerp op die SA Weerdiens nie media sal sensor nie.

Redakteurs het die versekering verwelkom dat wysigings aan die wysigingswetsontwerp op die SA Weerdiens nie daartoe sal lei dat die media deur die Weerdiens gesensor sal word nie. Die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum sê die versekering kom van die Parlement se komitee oor Waterwese en Omgewingsake. SANEF het die week in 'n voorlegging aan die komitee beswaar gemaak teen 'n klousule in die maatreël wat vereis dat enigiemand wat 'n weerwaarskuwing uitreik, vooraf die skriftelike toestemming van die Suid-Afrikaanse Weerdiens moet kry. - RSG Nuus

No comments:

Post a Comment