Friday 27 January 2012

Vloede: Waternood in Hoedspruit

Johannesburg – Swaar reënval in Limpopo die afgelope week het infrastruktuur beskadig en die watertoevoer in en om Hoedspruit geaffekteer, het ‘n plaaslike beampte Donderdag gesê.

“Daar is ‘n ernstige tekort aan water in die Hoedspruit-gebied, aangesien al die water besmet en ondrinkbaar is,” het John Seokoma, woordvoerder van die Maruleng-munisipaliteit, gesê.

“Water word dringend benodig. Meer as 220 huishoudings word direk geraak, en dit sluit plaaswerkers en skade aan plase uit.”

Volgens Seokoma is die munisipaliteit en vrywilligers van die SA Rooikruisvereniging besig om gemeenskappe op te lei om water te suiwer.

“Ons het ‘n aanduiding dat mense 20 000 liter water daagliks gebruik... enige skenking van ‘n bottel water word benodig en sal waardeer word.”

Die munisipaliteit het ‘n rampverligting-rekening geskep en mense kan die munisipaliteit se webwerf besoek om uit te vind hoe skenkings gemaak kan word, het Seokoma gesê.

Aanvanklike skattings wil dit hê dat sowat R6 miljoen se oeste – insluitende avokado’s, sitrus, mango’s en koring – verwoes is.

Tot R21 miljoen se skade aan infrastruktuur – insluitende hekke, toerusting, damme en stoorkamers – is in die aanvanklike verslag geskat.

- Volg Nuus24 op Twitter


- SAPA

No comments:

Post a Comment