Thursday, 2 February 2012

Mense, diere gered in KZN-brand

Johannesburg – Twaalf mense is Woensdag beseer en vyf diere is gered in ‘n brand by ‘n fabriek in Tongaat in KwaZulu-Natal, het nooddienswerkers gesê.

Die brand het omstreeks 15:00 in ‘n polistireen-fabriek uitgebreek, het Chris Botha, woordvoerder van Netcare 911, gesê.

“Paramedici en brandbestryders het op die toneel aangekom toe die gebou reeds in vlamme was,” het hy gesê.

Twaalf mense is vir rookinaseming behandel.

‘n Brandweerbeampte en ‘n paramedikus is ingelig dat diere in ‘n stegie langs die gebou vasgekeer was.

“Die hitte van die brand het die geute van ‘n woonstelblok laat smelt en die poging om die twee honde en drie katte te red bemoeilik,” het Botha gesê.

Die nooddienswerkers kon nietemin daarin slaag om die diere te bevry.


- SAPA/Nuus24

No comments:

Post a Comment