Hulp stroom van oral in na Hoedspruit, waar die drinkwater te vuil is om te drink.
Drinkwater moet aangery of ten duurste gekoop word.
Volgens mnr. Koos le Roux, ’n inwoner van die dorp, is die probleem glo te wyte aan ’n toevoerpyp in die Blyderivier-besproeiingskema wat weens die onlangse vloede in die gebied gebreek het.
Dié pyp sorg vir water in die dorp en op die lugmagbasis buite die dorp.
Mnr. Jurie Janse van Vuuren van wyk, ’n verteenwoordiger van dié dorp se watergebruikersvereniging is, meen egter dis die watersuiweringsaanleg wat net nie al die water kan suiwer nie.
Hy het gesê die onlangse vloed het beslis ’n rol gespeel.
Me. Debby Thomson, eenheidskoördineerder van ’n organisasie wat slagoffers in Hoedspruit ondersteun, het gesê hulle werk nou saam met die Hoedspruit-plaaswag en die lugmagbasis om alle skenkings te versprei.
Thomson het gesê baie gebiede is heeltemal sonder water.
“Die water van die dorp en plase wat afhanklik is van water van dié pypleiding, is onbruikbaar.”
Sy het gesê meer as 200 families, 16 skole en kleuterskole, ’n kliniek en hospitaal is al met dié projek bygestaan.
Ds. Hennie Louw van die Hervormde kerk Kampersrus het gister gesê gemeentes in hul ring het honderde liters water aangery.
Louw het gesê hul gemeente het ook R100?000 in ’n vloedrampfonds gestort en dit word gebruik om nood te verlig.
Dr. Pieter Dorey van die NG kerk Kampersrus het gesê hulle het baie steun gekry van gemeentes van die NG Kerk se oostelike sinode, maar ook van ander instansies.
Hulle het verlede week 12?000 liter water van die Letsitele-gemeenskap gekry.
Dis onduidelik hoe lank dit nog sal duur voordat skoon drinkwater weer beskikbaar sal wees, het hy gesê.
Leerlinge aan die Laerskool Magalieskruin in Pretoria het binne ’n dag meer 1 200 liter bottelwater ingesamel wat aan die Hoedspruit Christian School geskenk gaan word.
Volgens Le Roux het die dorp se waterprobleme nie nou skielik met die vloede begin nie. Daar was al in 2000 ’n vergadering van die munisipaliteit, ander betrokkenes en die departement van openbare werke (DOW) oor die verbetering van die watersuiweringsaanleg.
“Meer as 11 jaar later het daar dadels van gekom. Die vloede het die waterprobleem nou net weer ernstiger as ooit na vore gebring.”
Diegene wat wil help, kan e-pos stuur na vsu@hoedspruit. co.za.
- Die Beeld
The effects of severe weather are felt every year by many South Africans. To obtain critical weather information, the SAWDOS use voluntary weather observers. These volunteers help keep their local communities safe and informed by providing timely and accurate reports of severe weather to the SAWDOS for publication on the Blog. The SAWDOS is a non-profit organization that renders a FREE COMMUNITY-BASED SERVICE.
Pages
- Home
- SAWDOS1 Twitter South Africa Tweets
- SAWDOS2 Twitter World Wide Tweets
- TrafficSA Twitter Updates
- RSOE Emergency and Disaster Information Service
- USGS Earthquake Monitor
- SA Private WX Stations
- Real-Time APRS WX Station Data
- Disclaimer/Indemnity: SAWDOS
- Articles and Photos: SAWDOS
- About: SAWDOS
- South African Disasters
- Mossel Bay WX Stations
- SA Sea Level Synoptic Chart
- SA Weather Webcams
- YO Weather Prediction
- Mossel Bay Mad Scientist Projects
- Weather Forecast for South Africa
No comments:
Post a Comment