Monday, 5 March 2012

Intydse Weerwaarneming: Polokwane (5 Maart 2012)


Na ‘n snik-hete naweek is dit uiteindelik besig om bewolk te raak hier oor Polokwane. Die lug is egter redelik onstuimig, met middel-vlak (cumulus humilis) wolke wat sigbaar noordooswaarts-, en hoë-vlak (cirrus) wolke wat suidweswaarts beweeg. Daar was selfs ‘n oomblik van ‘iridescence’ in van die los cirruswolkies, maar ek kon dit ongelukkig nie betyds afgeneem kry nie. Ek neem aan dat die wolke eerder met ‘n laagdruktrog as Tropiese Sikloon ‘Irena’ gepaard gaan, maar hoop beslis vir aksie later die week. - Waarnemer: Fred Calitz

No comments:

Post a Comment