Saturday, 17 March 2012

Reuse-storm tref Aus

Johannesburg – 'n Hewige tropiese storm het die noordkus van Wes-Australië getref.

Sikloon Lua, wat na 'n kategorie vier storm opgegradeer is, het die ylbevolkte Pilbara-streek getref en is besig om na die binneland te beweeg, het RSG berig.

Winde van tot 250 km/h woed en die weerkantoor sê dit gaan met hewige reën gepaard.

Die klein dorpies Parboo en Wallal sal waarskynlik die swaarste getref word.

Die radiostasie berig die Pilbara-streek is 'n belangrike myngebied waar onder andere die mynreus Rio Tinto ystererts produseer.

Kommersiële vlugte na die gebied is gekanselleer en die hoof-snelweg en die hawe, Port Hedland, is gesluit.

- RSG/Nuus24

No comments:

Post a Comment