GEORGE NUUS - 'n Tienerseun het verlede Donderdag op Victoriabaai vir sy lewe geveg nadat hy byna verdrink het.
Die seun (17) van Thembalethu en vriende het omstreeks 14:30 gaan swem toe hy deur sterk seestrome ingetrek is.
Clifford Marlow, van die Wildernis Nasionale Seereddingsinstituut (NSRI) sĂȘ met hul aankoms op die strand was ER24-paramedici reeds besig om die seun te behandel.
Twee omstanders, Michele Casati en Ignus Bezuidenhout, het die seun uit die see gehaal en na die strand gebring.
Bezuidenhout, 'n voormalige NSRI-vrywilliger, het sy ervaring gebruik om die seun te red, wat ook met uitputting, verkluiming en naby verdrink-simptome gesukkel het. Die seun is daarna in 'n stabiele toestand na die hospitaal geneem.
Volgens Vanessa Jackson, woordvoerder van ER24, was die seun by sy volle bewussyn, maar baie koud en gespanne. Hy het ook geweldig baie seewater gesluk.
Die groep tieners het vermoedelik vanuit Thembalethu na die strand geloop om te gaan swem.
ARTIKEL: ALVIZO MIGGELS - George Herald
The effects of severe weather are felt every year by many South Africans. To obtain critical weather information, the SAWDOS use voluntary weather observers. These volunteers help keep their local communities safe and informed by providing timely and accurate reports of severe weather to the SAWDOS for publication on the Blog. The SAWDOS is a non-profit organization that renders a FREE COMMUNITY-BASED SERVICE.
Pages
- Home
- SAWDOS1 Twitter South Africa Tweets
- SAWDOS2 Twitter World Wide Tweets
- TrafficSA Twitter Updates
- RSOE Emergency and Disaster Information Service
- USGS Earthquake Monitor
- SA Private WX Stations
- Real-Time APRS WX Station Data
- Disclaimer/Indemnity: SAWDOS
- Articles and Photos: SAWDOS
- About: SAWDOS
- South African Disasters
- Mossel Bay WX Stations
- SA Sea Level Synoptic Chart
- SA Weather Webcams
- YO Weather Prediction
- Mossel Bay Mad Scientist Projects
- Weather Forecast for South Africa
Thursday, 29 March 2012
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment