Thursday, 8 March 2012

Vrou geopereer ná aap slagaar afbyt

Bloemfontein. – Die ontvangsdame van die departement parke van die Mangaung-metro-munisipaliteit in Bloemfontein is gister so erg deur ’n blou-aap gebyt dat sy ’n noodoperasie moes ondergaan.

Die groot blou-aap het uit die Bloemfonteinse Dieretuin geglip.

Me. Tina Grobler en die aap het mekaar, na verneem word, in die komiteekamer by die departement parke se kantoor langs die dieretuin raakgeloop waar die aap haar erg aan die regterarm gebyt het.

Mnr. Hein Cohen, ’n kollega, het blykbaar met die bebloede Grobler in sy bakkie na die hospitaal gejaag nadat ’n slagaar onder meer naby haar duim afgebyt is.

Dieretuinpersoneel het die aap in die dieretuin teruggesit.

Me. Amanda Appelgryn, woordvoerder van die Mediclinic, het gisteraand gesê Grobler is in ’n stabiele toestand.

Sy het ’n operasie ondergaan om senings, weefsel en are in haar regterarm te heg.

- Die Beeld

No comments:

Post a Comment