Monday, 28 May 2012

Hondsdol boer: LUR besoek hospitaal

Dr. Meshack Radebe, KwaZulu-Natalse LUR vir landbou en omgewingsake, het gister die Pietermaritzburgse hospitaal besoek waar die jong boer om sy lewe veg nadat hondsdolheid by hom gediagnoseer is.

Radebe is weens die ernstige aard van die siekte nie toegelaat om Graeme Anderson (29) in die waakeenheid van die hospitaal te sien nie.

Dr. Grant Lindsay, ’n jare lange vriend en woordvoerder van die Anderson-gesin, het Radebe na die hospitaal vergesel.

“Ons is hier om die familie in nood te ondersteun,” het Radebe gesĂȘ.

“Anderson is steeds kritiek. Al wat ons nou kan doen, is om te wag en kyk wat gebeur,” het Lindsay gesĂȘ.

Volgens Jeffrey Zikhali, woordvoerder van die provinsie se departement van landbou, het Radebe Saterdag die begrafnis bygewoon van ’n seun wat moontlik van hondsdolheid oorlede is nadat ’n hond hom gebyt het. ­

Sinethemba Hlongwane (8) van eMaswazini in Bergville is op Goeie Vrydag (6 April) deur sy eie hond gebyt.

- Beeld

No comments:

Post a Comment