The effects of severe weather are felt every year by many South Africans. To obtain critical weather information, the SAWDOS use voluntary weather observers. These volunteers help keep their local communities safe and informed by providing timely and accurate reports of severe weather to the SAWDOS for publication on the Blog. The SAWDOS is a non-profit organization that renders a FREE COMMUNITY-BASED SERVICE.
Pages
- Home
- SAWDOS1 Twitter South Africa Tweets
- SAWDOS2 Twitter World Wide Tweets
- TrafficSA Twitter Updates
- RSOE Emergency and Disaster Information Service
- USGS Earthquake Monitor
- SA Private WX Stations
- Real-Time APRS WX Station Data
- Disclaimer/Indemnity: SAWDOS
- Articles and Photos: SAWDOS
- About: SAWDOS
- South African Disasters
- Mossel Bay WX Stations
- SA Sea Level Synoptic Chart
- SA Weather Webcams
- YO Weather Prediction
- Mossel Bay Mad Scientist Projects
- Weather Forecast for South Africa
Monday, 28 May 2012
Tien lyke tot dusver uit Bontekoe-myn gehaal
Die lyk van die vierde onwettige myner word uit die Bontekoe-myn in die Noord-Kaap gehaal. Foto: Jaco Marais
KAAPSTAD. – Tien lyke is tot dusver uit die verlate myn, wat Dinsdagoggend op nagenoeg 30 onwettige diamantmynwerkers ingesak het, gehaal.
Die eerste tonnel wat reddingswerkers Donderdag by die Bontekoe-myn buite Kleinzee in die Noord-Kaap bereik het, is skoongemaak, het mnr. Tom Tweedy, woordvoerder vir die De Beers-mynmaatskappy, gister gesê.
Die polisie het vroeër gesê 11 van die mynwerkers kon betyds van die myn wegkom.
Nog ’n mynwerker is Dinsdagmiddag deur ander mynwerkers gered. Vier van die tien lyke is Saterdag deur reddingswerkers uitgehaal.
Verlede week is berig die eerste lyk is Woensdag omstreeks 02:18 deur reddingswerkers uitgehaal. Die aand omstreeks 19:28 is die tweede lyk uitgehaal.
Vrydag is nog vier lyke by die gedeelte van die myn wat as “Facebook” bekend staan, uitgehaal.
Tweedy het gesê die gebied waar die rotsstorting plaasgevind het, is steeds te onstabiel. Sou reddingswerkers deur daardie bestaande tonnels grawe, is die kanse groot dat die grond ook op hulle sou inval.
Reddingswerkers grawe nou die tonnels wat hulle gegrawe het verder uit. Vanaf “Facebook” werk die reddingswerkers in die rigting van die die tweede tonnel en die wagkamer.
Hy het gesê die herwinningsoperasie sal nie afgelas word voordat elke lyk uit die mynskag gehaal is nie.
Intussen het kapt. Cherelle Ehlers, ’n woordvoerder vir die polisie in die Noord-Kaap, bevestig dat nog geen verdere lyke uit die myn gehaal is nie. Sy het ook gesê nog geen van die lyke wat uitgehaal is, is positief geïdentifiseer nie.
- Volksblad
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment