Deur ALANI JANEKE
Ná jare se gesukkel het me. Tina Joemat-Pettersson, Minister van Landbou, Bosbou en Visserye, toegetree tot die gespartel rondom ramphulpgeld aan die Langkloof.
Mnr. Kosie van Zyl, raadgewer aan Agri SA, sê die minister het tot die stryd toegetree ná die Openbare Beskermer (OB) die vertraging met die uitbetaling van die geld begin ondersoek het.
Die organisasie het die OB genader om die kwessie te ondersoek ná die uitbetaling van geld sedert 2008 sloer. Dié ramphulpgeld is toegeken ná verwoestende oorstromings die omgewing in 2007 getref het. Ná die oorstromings het die omgewing tot verlede jaar onder erge droogte deurgeloop.
Dié droogte se uitwerking is vererger deurdat verskeie damme in die omgewing tydens die oorstromings beskadig is en nie herstel word nie. Van Zyl sê boere het van die damme op eie stoom herstel, maar omdat die staat hulle nie daarvoor vergoed het nie en weens die droogte, moes baie van hulle hul plase verkoop.
Opname
Mnr. André de Wit, voorsitter van die Langkloof-boerevereniging, sê ’n afvaardiging van die minister se kantoor, die Departement van Waterwese en Agri SA het hulle onlangs besoek om hulle van die situasie in die Langkloof te vergewis.
’n Nuwe opname word tans gedoen oor watter damme en waterstelsels al herstel is, en watter steeds stukkend is. Deur middel hiervan sal die ramphulpgeld aan die gebied weer vasgestel word.
De Wit sê ’n nuwe skaal vir die toekenning van geld is voorgestel. “Die amptenary het voorgestel dat dié damme en waterwerke wat reeds herstel is en op standaard is, eerste vergoeding sal kry. Dán volg damme en stelsels wat herstel is, maar nié op standaard is nie, en dan sal geld toegeken word om damme en stelsels wat steeds stukkend is te herstel.”
Noord-Kaap
Intussen sê Van Zyl sowat R500 miljoen is deur die staat vir vanjaar bewillig om vloedskade in die Noord-Kaap te herstel. Dié bedrag bestaan uit sowat R132 miljoen wat verlede jaar aan die provinsie toegeken is, en meer as R353 miljoen wat vanjaar toegeken is.
Sowat R265 miljoen is ook vir die 2013/’14- en die 2014/’15-boekjaar vir vloedskade toegeken.
Die Noord-Kaap is aan die begin van verlede jaar twee keer deur vloede getref ná swaar reën in binneland tot oorstromings van die Vaal- en Oranjerivier gelei het. Sowat 160 km se keerwalle is deur die oorstromings beskadig.
Ingenieurs
Van Zyl sê tenders word tans ingewag van ingenieurs om kosteberamings te doen en herstelwerk in die provinsie aan te pak. Hy sê dié tenders word wyd geadverteer, aangesien die Noord-Kaap nie genoeg kapasiteit het om al die skade self te kan hanteer nie.
Kommer bestaan oor die tydperk waarvoor die geld toegeken is. “Dit is ’n kort tyd waarin baie geld bestee en opnames en herstelwerk gedoen moet word. Ná die kwaai vloede in 1974 en 1988 het dit tot 10 jaar geduur om alles behoorlik te herstel.”
- Landbou.com
The effects of severe weather are felt every year by many South Africans. To obtain critical weather information, the SAWDOS use voluntary weather observers. These volunteers help keep their local communities safe and informed by providing timely and accurate reports of severe weather to the SAWDOS for publication on the Blog. The SAWDOS is a non-profit organization that renders a FREE COMMUNITY-BASED SERVICE.
Pages
- Home
- SAWDOS1 Twitter South Africa Tweets
- SAWDOS2 Twitter World Wide Tweets
- TrafficSA Twitter Updates
- RSOE Emergency and Disaster Information Service
- USGS Earthquake Monitor
- SA Private WX Stations
- Real-Time APRS WX Station Data
- Disclaimer/Indemnity: SAWDOS
- Articles and Photos: SAWDOS
- About: SAWDOS
- South African Disasters
- Mossel Bay WX Stations
- SA Sea Level Synoptic Chart
- SA Weather Webcams
- YO Weather Prediction
- Mossel Bay Mad Scientist Projects
- Weather Forecast for South Africa
Sunday, 27 May 2012
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment