Thursday, 24 May 2012

Tuinroete: Krag vir langer as 14 ure af

GEORGE NUUS - 'n Kragonderbreking van langer as 14 ure bleik 'n realiteit te wees vir woongebiede vanaf Wildernis tot sover as Keurboomstrand.

Die George-munisipaliteit se direkteur elektrotegniese dienste, Kevin Grünewald het te kenne gegee dat dié beheerde onderbreking van elektriese toevoer op Sondag 3 Junie vanaf 05:00 tot 19:30 sal plaasvind. Die geaffekteerde areas is Wildernis, Woodville, Karatara, Rheenendal, Sedgefield, Knysna, Robberg, Plettenbergbaai, Nature Valley, Keurboomstrand en omliggende areas.

Volgens Grünewald is die onderbreking van elektriese toevoer genoodsaak om Eskom in staat te stel om aan hul oorhoofse kraglyn te werk.

- George Herald

No comments:

Post a Comment