’n Sterk kouefront landuit op pad was, het oor groot dele van die binneland erge koue agtergelaat en dit sal nog vir ’n dag of wat goed koud bly.
Die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) het gesê die kouefront wat die kwik gister skerp laat daal en sneeu in die Oos-Kaap en op die Drakensberge veroorsaak het, sou die land teen vanoggend aan die ooskus verlaat het.
’n Waarskuwing vir baie koue toestande vir vandag is deur die SAWD vir die noordelike Oos-Kaap en die Drakensberge uitgereik en koue toestande word steeds in Gauteng, die Vrystaat, KwaZulu-Natal en die Noord-Kaap verwag.
Daar het gister sneeu op Lesotho se berge, die Drakensberge en die noordelike hoogliggende dele van die Oos-Kaap geval.
Bransby Bulo, ’n SAWD-weervoorspeller, het gesê geen sneeu word vandag verwag nie, hoewel dit steeds goed koud sal wees.
Die tornado’s, stormwinde en swaar reënval wat die noordelike Vrystaat eergister getref en plek-plek groot skade veroorsaak het, is volgens Bulo vir eers verby.
Temperature sal van môre af geleidelik begin herstel, maar minimum temperature gaan vir ’n hele paar dae nog baie laag bly.
In Pretoria sal die minimum temperature vandeesweek nie bo 5ºC en in Johannesburg nie bo 3ºC styg nie.
Dit sal vandag 3ºC/15ºC in Pretoria en 1ºC/14ºC in Johannesburg wees.
- Beeld
The effects of severe weather are felt every year by many South Africans. To obtain critical weather information, the SAWDOS use voluntary weather observers. These volunteers help keep their local communities safe and informed by providing timely and accurate reports of severe weather to the SAWDOS for publication on the Blog. The SAWDOS is a non-profit organization that renders a FREE COMMUNITY-BASED SERVICE.
Pages
- Home
- SAWDOS1 Twitter South Africa Tweets
- SAWDOS2 Twitter World Wide Tweets
- TrafficSA Twitter Updates
- RSOE Emergency and Disaster Information Service
- USGS Earthquake Monitor
- SA Private WX Stations
- Real-Time APRS WX Station Data
- Disclaimer/Indemnity: SAWDOS
- Articles and Photos: SAWDOS
- About: SAWDOS
- South African Disasters
- Mossel Bay WX Stations
- SA Sea Level Synoptic Chart
- SA Weather Webcams
- YO Weather Prediction
- Mossel Bay Mad Scientist Projects
- Weather Forecast for South Africa
Monday, 25 June 2012
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment