The effects of severe weather are felt every year by many South Africans. To obtain critical weather information, the SAWDOS use voluntary weather observers. These volunteers help keep their local communities safe and informed by providing timely and accurate reports of severe weather to the SAWDOS for publication on the Blog. The SAWDOS is a non-profit organization that renders a FREE COMMUNITY-BASED SERVICE.
Pages
- Home
- SAWDOS1 Twitter South Africa Tweets
- SAWDOS2 Twitter World Wide Tweets
- TrafficSA Twitter Updates
- RSOE Emergency and Disaster Information Service
- USGS Earthquake Monitor
- SA Private WX Stations
- Real-Time APRS WX Station Data
- Disclaimer/Indemnity: SAWDOS
- Articles and Photos: SAWDOS
- About: SAWDOS
- South African Disasters
- Mossel Bay WX Stations
- SA Sea Level Synoptic Chart
- SA Weather Webcams
- YO Weather Prediction
- Mossel Bay Mad Scientist Projects
- Weather Forecast for South Africa
Monday, 25 June 2012
Tornado eis Puk-student
’n Seiljag en verskeie bootjies lê langs ’n stellasie wat deur die wind omgewaai is naby Deneysville. Foto: Wolfram Zwecker
’n Potch-student is onder minstens vyf mense wat dood is toe talle tornado’s die naweek die Oos- en Noordoos-Vrystaat getref het.
Eugene Coetzee (22) van Germiston was saam met vriende op ’n naweekuitstappie by die Vaaldam by Oranjeville toe ’n tornado die grasdak-chalet getref en vernietig het.
Hy is dood nadat stukke van die muur op hom geval het, het konst. Peter Karedi, polisiewoordvoerder, gistermiddag gesê.
Coetzee was ’n student aan die Universiteit van Noordwes in Potchefstroom, het Karedi gesê.
Naby Bethlehem is drie ANC-jeugliga-lede dood nadat die bus waarin hulle gery het waarskynlik deur rukwinde omgewaai is, het die plaaslike polisie gesê.
Die oorblywende 58 passasiers is almal na die Phekolong- en Dihlabeng-hospitaal op dié dorp gebring. Volgens sers. Majang Skalkie, polisiewoordvoerder, is die oorledenes se familie nog nie in kennis gestel nie en kan die name nie bekend gemaak word nie.
Manapo Mofokeng (24), wat op die plaas Wonderbron buite Bethlehem woon, is dood nadat sy erge kopbeserings opgedoen toe haar sinkhuis weens die wind inmekaar gestort en op haar geval het.
Eliza Leen en haar 15-jarige dogter, Nikki, van die Eden-hoewegebied buite Bethlehem het erge beserings of selfs die dood vrygespring toe ’n tornado hul kantoor platgevee het net nadat hulle dit verlaat het om weens ’n kragonderbreking flitse in die huis te gaan soek.
Terwyl hulle in die huis was, het hulle ’n groot slag gehoor en op die grond gaan lê.
Toe hulle ’n paar minute later uitgaan, was die kantoor verwoes, het Eliza gesê.
Twee waens waarmee perde vervoer word, het ook in die slag gebly. Een het op die perdestal se dak beland. Van die ander een het net die wiele oorgebly.
Die dak van die Leens se kombuis en leefvertrek is ook afgeruk.
Talle pakhuise is ook by dié hoewes platgevee, het Peet Steynberg gister gesê.
’n Tornado het ook die tuistes van ses huishoudings op die plaas Welgegund by Eeram naby Harrismith verwoes.
Vier mense is vir ligte beserings in die Thebe-hospitaal behandel.
Sowat 30 huise in die Tlholong-township by Kestell is verwoes of erg beskadig.
Vyf mense is hier beseer, waarvan een ernstig. Hulle is na die Manapo-hospitaal by Phuthaditjhaba gebring.
’n Gemeenskapsentrum op Kestell voorsien die dakloses van kos, komberse en berading.
Volgens Dick Manten, bevelvoerder van die Nasionale Seereddingsinstituut se Vaaldam-stasie, het ’n tornado en rukwinde Deneysville kort voor 19:00 eergister getref.
Talle bote is van hul sleepwaens afgeruk, terwyl bote in die water losgeruk is.
Hy en vrywilligers het daarna stelselmatig ondersoek ingestel na waar die ergste skade was en is ook na die chalet buite Oranjeville waar Coetzee dood is.
Gisteroggend het van mense in die dorp en by die hawe rondgery en -gestap en na die skade gekyk.
Volgens Mark Johnson, wat baie daar kuier, kry hulle dikwels in die somer rukwinde, maar is dié weer in die winter seldsaam.
Volgens John Makwena, ’n veiligheidswag by die piekniekterrein langs die hawe, was dit ’n baie onheilspellende geluid toe die wind aankom.
“Ek het in die toegangshuisie gesit, alles het gebewe en die bome het geraas. Die wind het geskreeu,” het hy gistermiddag gesê.
Skadu-afdakke op die terrein is deur die wind stukkend geruk. In die dorp self is ’n paar huise se dakke beskadig, het Karedi gesê.
- BEELD
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment