Friday, 15 June 2012

Dis Bibberhoorn!


OUDTSHOORN NUUS - Reën, ryp en sneeu het die Klein-Karoo verlede naweek laat bibber.

Na bewolkte en reënweer wat Donderdag begin het, het sneeu die Swartberge Saterdag in 'n yskoue wit skouspel omskep. Die Swartbergpas was weens die sneeu die naweek gesluit, maar 'n paar avontuurlustiges het tog daarin geslaag om op die pas in die sneeu te baljaar.

Temperature in Oudtshoorn het Sondagnag byna vriespunt bereik en by 0,5 grade gedraai. Die laagste dagtemperatuur in Oudtshoorn was 11,2 grade.

Maandagoggend was motors toegeryp, voëlbaddens gevries en ys het selfs op windskerms van bewegende motors saamgepak.

ARTIKEL: HANNES VISSER, OUDTSHOORN COURANT-REDAKTEUR

No comments:

Post a Comment