’n REPTIELHANDELAAR van Bloemfontein wil ’n eis teen die elektrisiteitsverskaffer Centlec instel nadat die helfte van sy reptiele, waaronder duur slange en akkedisse, van die koue gevrek het toe die krag die naweek in sy winkel afgegaan het.
“Dit het soos ’n slagveld gelyk. Dit is baie sleg. As mens voel jy so hulpeloos,” het Gerhard Steyl, eienaar van Exotic Pets in Brandwag, gister gesê nadat hy eergister op die dooie reptiele afgekom het.
Steyl sê hy het meer as 50% van sy reptiele, waaronder verskeie slange en akkedisse, verloor toe die kragtoevoer na die gebou waarin sy winkel is, vermoedelik Saterdagnag afgegaan het.
Die skade beloop meer as R27000, sê hy.
Hy sê hy het ook ’n moontlike inkomste van R30000 verloor vir kaste wat hy vir klante sou bou vir dié reptiele.
Steyl sê hy het Sondagoggend die winkel oopgesluit en gesien die krag is af. Hy het onmiddellik na die boonste verdieping, waar die reptiele is, gehardloop.
“Toe ek bo kom, het my grootste nagmerrie waar geword. My reptiele het op ’n streep dood gelê.
“Ons het dadelik die reptiele, die dooies en die wat ek gedink het dit nog kon maak, uit die kaste gehaal, in bokse gesit en na my dogter se woonstel gejaag en dit in die son gepak. Ek het twee verwarmers ook gaan koop.”
Volgens hom moes hy warm asem in ’n half dooie likkewaan se mond blaas om hom te help bykom.
Drie spinnekoppe met ’n waarde van R2250 is in ’n stryd om lewe gewikkel, sê hy.
Steyl sê Centlec moet sê waarom die krag af was. Daar was, volgens hom, geen vooraf waarskuwing of kennisgewing van ’n kragonderbreking nie.
Hy sê hy weet nie of sy sake-onderneming weer sal herstel nie. Vir ’n klein onderneming is dit moeilik om soveel geld op een slag te verloor.
“Die hartseerste van als is: As mens voel jy is magteloos. Jou hande is afgekap en jy kan niks doen nie. Ek wil dit nie weer oor hê nie.
“Ek bel sedert gister (Sondag) vir Centlec, maar kry geen antwoorde nie. Ek gaan nie ophou nie. Iemand moet my vergoed.”
Steyl se dogter Gerda, wat vir hom werk, sê dit was verskriklik om al die dooie reptiele te sien.
“Dit is ’n skok. Jou lyf weet nie hoe om dit te hanteer nie. Van die reptiele was al vyf jaar by ons en ander kry ’n mens nie meer nie.”
Gerhard Steyl sê hy het al die gevrekte reptiele as bewysstukke gevries.
Centlec-personeel het gesê Volksblad moet alle vrae aan Leon Kritzinger, senior amptenaar, rig, maar hy is vir die week nie op kantoor nie.
- Volksblad
The effects of severe weather are felt every year by many South Africans. To obtain critical weather information, the SAWDOS use voluntary weather observers. These volunteers help keep their local communities safe and informed by providing timely and accurate reports of severe weather to the SAWDOS for publication on the Blog. The SAWDOS is a non-profit organization that renders a FREE COMMUNITY-BASED SERVICE.
Pages
- Home
- SAWDOS1 Twitter South Africa Tweets
- SAWDOS2 Twitter World Wide Tweets
- TrafficSA Twitter Updates
- RSOE Emergency and Disaster Information Service
- USGS Earthquake Monitor
- SA Private WX Stations
- Real-Time APRS WX Station Data
- Disclaimer/Indemnity: SAWDOS
- Articles and Photos: SAWDOS
- About: SAWDOS
- South African Disasters
- Mossel Bay WX Stations
- SA Sea Level Synoptic Chart
- SA Weather Webcams
- YO Weather Prediction
- Mossel Bay Mad Scientist Projects
- Weather Forecast for South Africa
Tuesday, 12 June 2012
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment