Wednesday 13 June 2012

Mans vry oor skyn van lasers

’n AANKLAG teen twee Bloemfonteinse mans dat hulle vlieëniers van helikopters en vliegtuie ten tyde van die ANC-eeufeesviering met ’n laserlig gehinder het, is in die Bloemfonteinse streekhof laat vaar.

Die direkteur van openbare vervolging (DOV) het weens ’n gebrek aan getuienis besluit om Theunis la Grange (38) en Albertus Nieuwoudt (20), van Olive Hill, nie verder te vervolg nie.

Phaladi Shuping, woordvoerder van die DOV, sê daar is nie genoeg getuienis vir ’n skuldigbevinding nie.

Hulle is vroeër kragtens die Wet op Burgerlike Lugvaart aangekla dat hulle die veiligheid van vliegpersoneel in gevaar gestel het.

’n Seun (14) is aanvanklik saam met hulle aangekla, maar die aanklag teen die kind is teruggetrek. Hy sou berading ontvang en deur ’n maatskaplike werker gemonitor word.

- Volksblad

SAWDOS: It looks like it's going to be very difficult to get a conviction for pointing lasers at aircraft. The only way will be to catch the perpetrators red handed in the act with enough witnesses that witnessed the incident from the ground. Going to be a tough one especially in the dark. Identification at night will also be difficult. We need to come up with a plan to catch and successfully prosecute these hooligans!!

No comments:

Post a Comment