Monday 25 June 2012

Só sê lesers op net oor tornado

“GROOT skade is in gedeeltes van Bethlehem aangerig. My suster-hulle het ’n noue ontkoming gehad en sit tans sonder krag. Dankie Vader hulle is nie beseer nie. Sterkte aan almal.”

Só het Annelise de Witt op Volksblad se Facebook-profiel geskryf kort nadat ’n foto van ’n tornado Saterdagmiddag op die koerant se Facebook-profiel gelaai is.

Verskeie ander Volksblad-lesers het ook inskrywings oor die weerstoestande op Facebook gedoen.

Vanessa Leppan Pienaar sê sy verstaan nou hoekom Odendaalsrus erge rukwinde ondervind het.

WP van Vuuren sê hulle het in dieselfde storm rugby gespeel.

Marie Pieterse sê die storms is ’n spikkeltjie in vergelyking met onlangse tornado’s in Amerika en Nieu-Seeland. Sy is nogtans bitter jammer vir die mense wat deur die storm geraak is.

Lorraine Weitz Brand het aan almal sterkte toegewens.

Lettie Van Wyngaard Venter skryf: “Sterkte, tornado nie goed nie, ek onthou destyds toe ons iets soortgelyks in Welkom deurgemaak het. Dit was erg en baie huise is platgevee.”

Marealize Theron kan dit nie glo nie en bid vir al die mense sonder heenkome.

Johann Botha sê hul rugbywedstryd op Bethlehem is is weens die tornado en hael kortgeknip.

- Volksblad

No comments:

Post a Comment