Wednesday, 4 July 2012

Verbeterde reddingsoperasies in Eden

EDEN DISTRIK NUUSFLITS - Reddingsoperasies en die hantering van brande en ander rampe binne die Eden-distrik sal binnekort van hoër gehalte wees.

Die vestiging van 'n brandweer-akademie vir die Eden-distrik sal bydra tot hierdie belangrike verbeterde diens. Die Eden-distriksraad se rampbestuur, onder leiding van Gerhard Otto sal verantwoordelik wees vir die opleiding by die brandweer-akademie.

Dorpe waar brandweerstasies sal baat vind by hierdie akademie sluit in George, Mosselbaai, Knysna, Ladismith, Riversdal, Oudtshoorn en Uniondale.

Alles dui daarop dat die akademie in Mosselbaai opgerig sal word.

- George Herald

No comments:

Post a Comment