JOHANNESBURG – ’n Tienermeisie van Tzaneen moes hulpeloos toekyk hoe haar pa in ’n veldbrand doodbrand.
Anicka Brandt (16) het haar pa, Thinus, Saterdagoggend gehelp om ’n veldbrand op hul plaas te probeer blus.
Mev. Ansie Brandt sê die vlamme was aanvanklik nie erg nie, maar is deur die wind vererger en het toe haar man oorval.
“My dogter het my gesê die vuur het soos ’n golf oor hom gegaan. Ek wens sy het dit nie gesien nie.”
Brande het verlede week duisende hektaar plantasies in die Tzaneen-gebied in Limpopo verwoes.
Ansie sê haar man was ’n wonderlike eggenoot en pa en hulle gaan hom baie mis. Hy het ook altyd ander gehelp.
“Dit voel nog onwerklik.”
Etienne Meyer, ’n kollega van Thinus by die departement van waterwese in Tzaneen, het gesê: “Hy was ’n goeie mens. Hy het my gehelp om ’n werk te kry.”
- Volksblad
The effects of severe weather are felt every year by many South Africans. To obtain critical weather information, the SAWDOS use voluntary weather observers. These volunteers help keep their local communities safe and informed by providing timely and accurate reports of severe weather to the SAWDOS for publication on the Blog. The SAWDOS is a non-profit organization that renders a FREE COMMUNITY-BASED SERVICE.
Pages
- Home
- SAWDOS1 Twitter South Africa Tweets
- SAWDOS2 Twitter World Wide Tweets
- TrafficSA Twitter Updates
- RSOE Emergency and Disaster Information Service
- USGS Earthquake Monitor
- SA Private WX Stations
- Real-Time APRS WX Station Data
- Disclaimer/Indemnity: SAWDOS
- Articles and Photos: SAWDOS
- About: SAWDOS
- South African Disasters
- Mossel Bay WX Stations
- SA Sea Level Synoptic Chart
- SA Weather Webcams
- YO Weather Prediction
- Mossel Bay Mad Scientist Projects
- Weather Forecast for South Africa
No comments:
Post a Comment