Monday, 13 August 2012

Wes-Kaapse seun verdrink, vriend vermis

Johannesburg – 'n Seun het verdrink en 'n ander een het Sondag vermis geraak nadat hulle deur 'n rivier op 'n plaas in Worcester meegesleur is, het paramedici in die Wes-Kaap gesê.

Die seun en sy vriend het probeer om die rivier oor te steek toe hulle meegesleur word, het Derrick Banks, woordvoerder van ER24, gesê.

"Nooddienswerkers is steeds besig om na vermiste seun te soek. Albei seuns was glo nege jaar oud."

Volgens Banks is dié twee laas saam gesien voordat hulle probeer het om die rivier oor te steek.

"Die seun wat op die rivier gedryf het, is op die toneel dood verklaar," het hy gesê.


- SAPA/Nuus24

No comments:

Post a Comment