Monday 3 September 2012

Kinders brand dood op plaas in Vrystaat

Johannesburg – Drie kinders is Maandag in die vroeë oggendure dood ná 'n brand op 'n plaas in Dealesville in die Vrystaat, het paramedici gesê.

Chris Botha, woordvoerder van Netcare, het gesê die brand het kort ná middernag uitgebreek.

Met paramedici se aankoms op die toneel was die eiendom in vlamme gehul.

"Nadat die brand geblus is, is die lyke van drie kinders tussen die ouderdomme van sewe en 13 gevind. Hulle is onherkenbaar verkool," het Botha gesê.

Die polisie ondersoek die oorsaak van die brand.


- SAPA/Nuus24

No comments:

Post a Comment