Sunday 2 September 2012

Kragonderbrekings in Tshwane

Johannesburg – Gedeeltes in Tshwane se noordelike woonbuurte het Sondag kragonderbrekings ervaar, het die stad gesê.

'n 143 kV-kragmas wat vernietig is, het op die grond geval en kragonderbrekings veroorsaak, het Nomasonto Ndlovu, woordvoerder, gesê.

Omgewings wat deur die kragonderbrekings geraak word sluit in Wonderboom, Annlin, Sinoville, Bon Accord, Government Village line, Doornpoort, Pretoria-Noord, Wolmer, Tileba, Dorandia, Ninapark en Theresapark.

Nomasonto het gesê die elektrisiteit sal hopelik teen 14:00 weer aangaan.

- SAPA/Nuus24

No comments:

Post a Comment