Tuesday, 9 October 2012

Jong man sterf toe bote bots

SASOLBURG. – ’n Jong man is gistermiddag dood en vier mense beseer toe twee bote op die Taaibosspruit, ’n sytak van die Vaalrivier, buite Sasolburg op die water gebots het.

Die ongeluk het omstreeks 17:30 gebeur. In die een boot was twee mense en in die ander drie.

Met die impak van die botsing is ’n 25-jarige man uit een van die bote geslinger en het tussen die riete op die oewer beland.

Hy het erge borskasbeserings opgedoen en het aan sy beserings beswyk.

Dié man was saam met ’n vriend op die boot.

Een van die bote het kort ná die ongeluk gesink en die tweede boot het op die wal tot stilstand gekom.

Van die beseerdes het gisteraand aangedui dat hulle self na ’n hospitaal sal gaan vir verdere behandeling.

Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie.

- Volksblad

No comments:

Post a Comment