Saturday 20 October 2012

Man ernstig beseer ná ontploffing

Johannesburg – 'n Man van Taung is ernstig beseer nadat 'n detonator in sy gesig ontplof het, het die polisie in die Noordwes Vrydag gesê.

Kapt. Tselane Nkala het gesê die veewagter het Donderdag 200 detonators in 'n Sasol-boks op 'n plaas naby die Brits-tolhek, langs die N4, gevind.

Die man het brandwonde aan sy gesig, bene en hande opgedoen en is na 'n hospitaal in Brits geneem.

Volgens 'n nota in die boks, was daar veronderstel om 400 detonators in te wees.

Die polisie ondersoek die saak.


- SAPA/Nuus24

No comments:

Post a Comment