Wednesday 24 October 2012

Swaar reën maak paaie onbegaanbaar


OUDTSHOORN NUUSFLITS - Swaar reën die afgelope naweek het verskeie paaie in Oudtshoorn onbegaanbaar gemaak en soos gewoonlik het ‘n paar motoriste weer die diepte van die water onderskat en moes nooddienste hulle te hulp snel.

Hierdie vragmotor van ‘n bestuurskool op die dorp het Sondagmiddag in Rademeyerstraat tot in die middel van die stroom gevorder voordat die bakkie se gô uit was.

Die bestuurder het op ‘n stadium agter op die bak gestaan, maar Donderweer het hom gou laat terugskarrel in die kajuit in.

- Oudtshoorn Courant

No comments:

Post a Comment