Wednesday 24 October 2012

Swaar reën: Noue ontkoming

MOSSELBAAI NUUSFLITS - Drie mense het die impak van die groot hoeveelheid reën die afgelope naweek aan hulle voete gevoel toe die Jeep Grand Cherokee waarmee hulle gery het, van ‘n laagwaterbrug op die Kleinplaaspad in die rigting van Jonkersberg deur die water meegesleur is.

Die bestuurder, Dr Honey Ferreira, sy vrou Natalie en sy skoonma Liz wat op ‘n uitstappie en het die agterpaaie gery toe hy die krag van die water onderskat het.

Die drie het kalm gebly en op die dak van die Jeep gaan staan voordat hulle in die rivier ingespring het en ongeveer 50m ver stroom-af getrek is.

- Mossel Bay Advertiser

No comments:

Post a Comment