Saturday 28 January 2012

Vyf munisipaliteite in Mpumalanga tot rampgebiede verklaar.

Vyf munisipaliteite in die Ehlanzeni distrik in Mpumalanga is tot rampgebiede verklaar. Dit is Mbombela, Nkomazi, Umjindi, Thaba Chweu en Bosbokrant. Die verklaring tot rampgebied beteken dat die nasionale regering hulp kan verleen. Volgens die verklaring van die premier, David Mabuza, is 1452 huishoudings sonder heenkome na verlede week se oorstromings. Sewe mense het omgekom. Die koste om infrastruktuur te herstel beloop meer as 445 miljoen rand. Die koste vir die herbou van paaie en brue alleen beloop 266 miljoen rand.  

- RSG Nuus

No comments:

Post a Comment