Wednesday 28 March 2012

Intydse Weerwaarneming: Colesberg Distrik (25 Maart 2012)



Ek heg hierdie twee fotos aan wat ek Sondag die 25 Maart geneem het; 50 kilometer van Colesberg. Ons was oppad terug van Cradock toe ek hierdie fotos van n storm geneem het. 'n Mens het net weerligte gesien en donker onweerswolke. Jy kon die reën in die wolke sien en hoe dit so n streep trek waar dit geval het. Op Cradock by Marlow was dit ook die ene modder soos dit daar Saterdagaand gereën het. Skoonseun se dit het verskiklik geweerlig en hy se dit het geklink of die weerlig langs hulle slaan. Hulle het almal tussen die bome met tente en karavane uitgekamp met die rugby week op Marlow. Waarnemer: Johann Pretorius

1 comment:

  1. Ja nee, dit reen een strook deur tot hier by ons op Gariep Dam. Voel jammer vir die ouens wat kamp en wegglip vir 'n naweek. Hopelik kan ons weer binnekort die buitemuurs geniet hier in die Karoo en die pragtige natuurskoon by Oviston Natuur Reservaat by Gariep Dam.

    ReplyDelete