Die tragedie van die onwettige myners (zama-zama’s) wat verlede week by twee myne, die een in die Noord-Kaap en die ander in die Vrystaat, gesterf het, vestig opnuut die aandag op die ingewikkelde probleem van misdaad wat deur maatskaplike omstandighede gedryf word.
Dit sou ’n growwe vereenvoudiging van die situasie wees om bloot te sê die myners was besig met onveilige en onwettige bedrywighede, en het daarom gekry wat hulle gesoek het. Zama-zama’s (“kansvatters”) kom gewoonlik uit gemeenskappe met knellende armoede en wat eenvoudig die kans op tronkstraf – en lewensverlies – vat om kos op die tafel te sit in omstandighede waar daar min of geen ander uitkoms is nie.
Dat hulle bron van inkomste ’n onwettige een is, maak die lewensverlies nie minder tragies nie.
Soos met ander vorme van misdaad, is daar hier te make met ’n veelvlakkige probleem wat uit verskillende hoeke benader moet word.
Ten eerste vestig dit die aandag opnuut op die dringendheid waarmee die regering volhoubare werksgeleenthede moet help skep in gemeenskappe waar mense toenemend hoop verloor. In die geval van die Bontekoe-diamantmyn by Kleinzee in die Noord-Kaap word die armoede-situasie vererger deur die feit dat die visbedryf ook al minder geleenthede bied te midde van mynboubedrywighede wat afgeskaal word.
Ten tweede moet daar indringend gekyk word of mynmaatskappye voldoende stappe neem om myne wat uit diens gestel word, te beveilig. Dit sou oneties wees om vir jare lank fortuine te maak uit dié myne, en dan die verantwoordelikheid om die gebied te beveilig en te rehabiliteer, af te skeep of te systap.
Baie mynmaatskappye belê gelukkig groot bedrae om werk buite die mynboudryf te skep in gemeenskappe waar hulle belange het.
Laastens is dit georganiseerde sindikate wat onwettige mynboubedrywighede in stand hou en wetstoepassers moet, net soos in die geval van perlemoensmokkelary, hulle op die groot geld agter die bedrywighede toespits.
- Die Burger
The effects of severe weather are felt every year by many South Africans. To obtain critical weather information, the SAWDOS use voluntary weather observers. These volunteers help keep their local communities safe and informed by providing timely and accurate reports of severe weather to the SAWDOS for publication on the Blog. The SAWDOS is a non-profit organization that renders a FREE COMMUNITY-BASED SERVICE.
Pages
- Home
- SAWDOS1 Twitter South Africa Tweets
- SAWDOS2 Twitter World Wide Tweets
- TrafficSA Twitter Updates
- RSOE Emergency and Disaster Information Service
- USGS Earthquake Monitor
- SA Private WX Stations
- Real-Time APRS WX Station Data
- Disclaimer/Indemnity: SAWDOS
- Articles and Photos: SAWDOS
- About: SAWDOS
- South African Disasters
- Mossel Bay WX Stations
- SA Sea Level Synoptic Chart
- SA Weather Webcams
- YO Weather Prediction
- Mossel Bay Mad Scientist Projects
- Weather Forecast for South Africa
Monday, 28 May 2012
Subscribe to:
Post Comments (Atom)
No comments:
Post a Comment