Tuesday 26 June 2012

'Tornado' beskadig 81 huise, kerk

Johannesburg – Een-en-tagtig huise en ‘n kerk is beskadig deur wat blykbaar ‘n tornado was in Kestel in die Vrystaat, het die provinsiale departement van samewerkende regering en tradisionele sake Maandag gesê.

“Die skade strek van afgewaaide dakke tot mure wat gedeeltelik ineengestort het,” het Senne Bogatsu, woordvoerder, in ‘n verklaring gesê.

Uit die beskadigde huise was nege HOP-huise, 11 was modderhuise, agt was sinkhuise en 62 was baksteenstrukture wat in private besit is.

Eskom-elektrisiteitspale is die enigste infrastruktuur wat beskadig is en elektrisiteit word stadig herstel na gebiede wat geraak word.

Plaaslike winkels het kos en klere aan dié in nood geskenk.

‘n Storm, wat deur sommige as ‘n tornado beskryf is, het Saterdag deur die gebied beweeg en erge skade aangerig.

‘n Verslag oor die skade sal na verwagting teen Dinsdag voltooi word, het Bogatsu gesê.


- SAPA/Nuus24

No comments:

Post a Comment